
Dit is voorwaar al ons 7de Suidoosterfees. Ons is so trots op die groei van die fees in kwaliteit en kwantiteit, dat dit selfs vanjaar ‘n terugbring-fees is, met getroue en geliefde Suidoosterfees-kunstenaars om elke feesganger te vermaak.
Kyk dus uit vir Vinette Ebrahim in Vaselinetjie, David Kramer as regisseur van Krismis van Map Jacobs en in sy Kaapse Breyani - die volhuis treffer van 2009 - Neels van Jaarsveld in Bure oppie Bank, Terence Bridgett in All Soaped Up, Sandra Prinsloo in Die Naaimasjien – nog ‘n volhuis treffer van 2009 – Emile Minnie in Kaapse Karnaval as ‘n lekker voorspel tot die komende Cape Town Carnival in Maart, Gary Naidoo in ‘n opvolg Poespas getiteld Sonspel, Francois Bloemhof in die Boekhoek, die Wordwise Kinderfees, Denise Newman in die film Sexy Girls en natuurlik ons eie operadiva, Virginia
D F Malan Street, Foreshore, Cape Town 8001
Postal Address: P O Box 4107, Cape Town, 8000
Telephone: +27 21 410-9800
Facsimile: +27 21 421-5448
E-mail: artscape@artscape.co.za